R0,00 0

Cart

No products in the cart.

Dink of Sink-debatskompetisie 2026

7 Mei 2026

Oud-Affies dra die vaandel vir Afrikaans en presteer op kultuurakker! 

Talle oud-Affies het aan AfriForum se nasionale onvoorbereide Dink of Sink-debatskompetisie deelgeneem, wat onlangs in Pretoria plaasgevind het.

Vier oud-Affies het na die finaal deurgedring, waar Dagbreek-manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch se twee spanne, in ‘n indrukwekkende finaal, teen mekaar te staan gekom het. 

Die finaliste sluit in Adriaan Nel (2025) en Christiaan Burger(2025) (Dagbreek 2 en wenners van die kompetisie) asook Hechter Ferreira(2025) en Jacques Ferreira (2024) (Dagbreek 1).

Spesiale erkenning aan Hechter Ferreira (Beste spreker) en Adriaan Nel (“Wooden Bell”-prys as die debatteerder wat tydens die uitdunrondes vir die beoordelaars uitgestaan het).

Nog oud-Affies in aksie: Wian Koster (2025) en Stef Pretorius (2025 (Universiteit Stellenbosch) asook George Henderson (2025) en Andru van Zyl(2025) (Universiteit van Pretoria).

Ons is baie trots op hierdie manne wat steeds die Affie-naam hoog hou

Share Article: