Dit is vir ons ’n groot voorreg om hierdie webblad bekend te stel - ‘n eerste vir die oud Affies!
Ons as oud-leerlinge speel ’n belangrike rol om die skool se ryke erfenis te bewaar en lewendig te hou, ten einde te verseker dat Affies ‘n skool van uitnemendheid bly.
Mag hierdie platform dien as 'n plek waar herinneringe gedeel word, vriendskappe hernu word en waar idees uitgeruil kan word tot voordeel van ons alma mater.
Eenmaal 'n Affie, altyd 'n Affie.
Voorsitter: Oud-Affiebond

Agter l.n.r: Ian Nel, David Pretorius, Nicki Maritz, Francois Koch.
Voor l.n.r: Eugene Marx, Quinton Smit, SJ de Beer, Brenton Viljoen
