Talle oud-Affies wat in Australië woon het gisteraand hul eerste amptelike reünie in Sydney bygewoon.
Dit was ān besondere aand waar herinneringe gedeel is en ou en nuwe vriendskapsbande gesmee is.
Dit maak nie saak waar in die wĆŖreld dit is nie, die oud-Affies doen moeite om by mekaar uit te kom omdat hul gedeelde ervaring op die rooi stoepe hulle met mekaar verbind.
Eenmaal ān Affie, altyd ān Affie!