R0,00 0

Cart

No products in the cart.

1966 Reünie

13 Maart 2026

Die 1966-matriekgroep het Vrydag se saalbyeenkoms as deel van hul 60-jaarreünie bygewoon.

Pieter van der Merwe (hoofseun, 1966) het die leerders en personeel tydens saalbyeenkoms toegespreek en herinneringe en wysheid met die Affie-familie gedeel.

Dr. Pierre Edwards en mnr. Francois Deysel, beide uit die 1970-groep en dus die st. sesse van die reüniegroep, het ook die geleentheid bygewoon.

’n Hoogtepunt van die dag was toe dr. Edwards die groep op ’n skooltoer geneem het en ou stories en herinneringe weer lewendig geword het.

Vriendskapsbande wat by Affies gesmee word hou inderdaad ’n leeftyd.

Eenmaal ‘n Affie, altyd ‘n Affie.

Share Article: