R0,00 0

Cart

No products in the cart.

Afrikaans Klassiek 2026

9 April 2026

So het die 6de weergawe van die Afrikaans Klassiek tussen die oud-leerlinge van Affies en Paarl Gimnasium die interskole week behoorlik afgeskop by die Silver Lakes Gholfklub. Na ‘n bitter naby stryd het Affies se oudmanne die wa deur die drif getrek en die dag met 31-29 gewen.

Die dag het natuurlik nie by die gholf gestop. Die twee skole se oud-manne het tot laataand kuier met ‘n funksie en die skiet van The Blindside tv-rugbyprogram. 

Baie dankie aan elkeen van die spelers en komitee wat jaarliks hierdie spesiale geleentheid moontlik maak!

LAAT DAAR LIG WEES.

Share Article: